E-learning - Johannesburg, Gauteng, South Africa
Afrikaanse Skoolprojekte is 'n digitale opvoedkundige platform vir Suid-Afrikaanse leerders wat hoë gehalte studiehulpmiddels volgens die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir KABV ("CAPS") aanbied. Besoek ons webtuiste by: www.afrikaanseskoolprojekte.co.zaDeur ons digitale opvoedkundige platform verskaf ons aanvullende studieprogramme wat kinders se akademiese ervaring sal verryk. Ons ontwikkel voortdurend ons platform om simplisties, toeganklik en gebruikersvriendelik te wees. Ons beoog om inhoud te verskaf wat relevant, akkuraat en van hoë gehalte is vir alle Suid-Afrikaanse leerders. Ons wil die leerproses lekker, interessant en inspirerend maak. Ons wil leerwerk maklik en aangenaam maak, sonder spanning, druk of vrees. Ons studiehulpbronne beoog om uitsonderlike resultate te lewer. Ons streef daarna om kinders toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om 'n verskil in die wêreld te maak.Ons kernfokus is om leerders te ondersteun met doeltreffende voorbereiding vir die skryf van toetse en eksamens. Ons hulpbronne, soos eksamenvraestelle en studiegidse, beoog om vir kinders en ouers waardevolle tyd te spaar, stres en angs te verminder en selfvertroue te versterk. Ons ondersteun skoolkinders – nie net om akademies te presteer nie, maar op alle terreine wat nodig is vir kinders se ontwikkeling en om gesond, gelukkig en suksesvol te wees.Afrikaanse Skoolprojekte is in 2005 gestig. Afrikaanse Skoolprojekte, saam met ASP School Projects, die Engelse weergawe wat in 2013 gestig is, vorm deel van die groep ASP Education, sedert 2018. Na meer as 'n dekade se toewyding, het ons slegs begin met die verandering van kinders se lewens!
reCAPTCHA
ASP.NET
Microsoft-IIS
Google Font API
ProvideSupport
Mobile Friendly