Higher Education - Stellenbosch, Western Cape, South Africa
Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n uitsonderlik diverse sentrum van vakkundigheid in deurlopende gesprek en samewerking met ander nasionale en internasionale taalgebiede en -professies. Gehalte-navorsing onderlê die uiteenlopende aktiwiteite wat sentreer om die Departement se gevestigde kern, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Daarbenewens lewer die departement 'n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte, meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.