Apparel & Fashion - Deneysville, Free State, South Africa
Varkhart is gestig in 2017 om legendes in die daaglikse lewe te vind. Om mense te vind wat die lyn verby steek om ander te ondersteun, wat `n merk los vir die goed, wat alles op die lyn sal sit vir hulle mense. Ons is opsoek na legendes wat saam staan. Ons is opsoek na oorspronklike mense.Varkhart is doelgerig gestig om betrokke te raak by die Afrikaanse gemeenskap om `n merk te los wat tot in die hubel van die Afrikaanse nageslag trek. Ons wil `n ketting wees wat Afrikaners kan gebruik om te bind, kuier en mekaar te ondersteun waar moontlik.Om `n Varkhart te wees is om `n legende te wees. Ons visie en missie sal vas staan om te strewe om beter Varkharte te wees, meer mense te bind en meer geluk te saai in ons taal.Staan saam, ondersteun mekaar, wees lief vir jou mede mens, wees `n legende! Wees `n VARKHART!
NSOne
Google Tag Manager
Google Font API
DigitalOcean
Bootstrap Framework
Mobile Friendly